
Skryf nou in! Dis Pret, Plesier en Kompeterend!
![IMG-20260511-WA0008[1].jpg](https://static.wixstatic.com/media/5a18a6_9704a29bf86a4666b506fdcbd2fa529a~mv2.jpg/v1/crop/x_0,y_41,w_1080,h_997/fill/w_430,h_397,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/IMG-20260511-WA0008%5B1%5D.jpg)
Mnr en Mej Thabazimbi
Skryf in vir die jaarlikse Mnr en Mej Thabazimbi. Hierdie jaar se geleentheid vind plaas op Saterdag, 1 Augustus 2026.
*Maak seker jy verstaan alle termes en voorwaardes.
Baba- en Kleuterkompetisie
Ons jaarlikse Baba- en Kleuterkompetisie word geborg en gereël deur Medhof Apteek.
Daar word ongelooflik baie moeite ingesit!
Foto's word deur Mari Engelbrecht geneem en jy kan verseker wees van goeie kwaliteit fotos!
Foto's word op die volgende Saterdae tussen 09:00 - 11:00 geneem by Medhof Apteek:
18 April
2, 16 & 30 Mei
13 & 27 Junie
Hierdie jaar se tema: Enchanted Forest
Inskrywings kos R200
Kliek hier vir ons babas en kleuters van 2024.
Baba- en Kleuterkompetisie 2024
Baba- en Kleuterkompetisie 2023
![IMG-20260519-WA0055[1].jpg](https://static.wixstatic.com/media/5a18a6_45798ce6b1464edb900fa9e2df7edc8e~mv2.jpg/v1/fill/w_378,h_283,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/IMG-20260519-WA0055%5B1%5D.jpg)
-----------------------------------------------------------------------------------------------
-----------------------------------------------------------------------------------------------

Bokdrolspoeg
Het jy 'n talent om 'n bokdrol vêr te spoeg, wel dan is hierdie vir jou. Skryf nou in.
Inskrywings is gratis!
WEN pryse ter waarde van R500
SATERDAG MIDDAG TUSSEN 12:00 EN 13:30
Buitelug verhoog
-----------------------------------------------------------------------------------------------
Chillie eet
Kan jy die brand op jou tong hanteer. Hoe vêr kan jy jouself druk sonder dat dit voel of jy wil vuurspoeg.
Skryf nou in en kom wys ons hoe word dit gedoen!
Inskrywings is gratis!
WEN pryse ter waarde van R500
SATERDAG MIDDAG TUSSEN 12:00 EN 13:30
Buitelug verhoog

-----------------------------------------------------------------------------------------------

Poeding-in-'n-Potjie Kompetisie
Skryf nou in vir hierdie eerste van sy soort by die Skou!
WEN pryse ter waarde van R15 000!
Ons voorsien:
1. 'n Sak hout
2. Bottel sherry vir die koue
3. 1x Tafel & tafeldoek
Termes en Voorwaardes:
1. Daar mag slegs TWEE spanlede per span wees.
2. Jy moet jou eie bestanddele en benodigdhede voorsien.
3. Maak ‘n poeding in ‘n swart pot/te of driepoot-potjie/s.
4. Geen voorbereiding mag vooraf gedoen word nie.
5. Dek ‘n nageregtafel en bedien genoeg vir DRIE beoordelaars. Wees kreatief.
6. Jy mag enige iets maak wat te doen het met ’n poeding,
7. dit is jou keuse. Dink uit die boks en maak die wenner poeding pot van die jaar!
8. Vure mag 9:30 aangesteek word. Geen gas.
9. Kompetisie begin amptelik 10am.
10. Beoordeling vind 12pm plaas (geen vooraf beoordeling sal plaasvind nie.)
10. Jy moet ‘n spannaam hê asook ‘n kreet. Kom in goeie gees